top of page

AANBIDDING

Ons span se taak is om die gemeente geestelik te bou deur weeklikse eredienste en lofprysing, asook ander belangrike jaarlikse Christelike gebeurtenisse en feeste bv. Paasfees, Pinkster, Kersfees en nog meer.

AANBIDDING 3_edited_edited.jpg

SENIORS

Ons bedien ouer lidmate en begelei hulle in hulle unieke opset om steeds toegewyde lidmate in die gemeente en hulle eie omgewing te wees.

Group Photo

GELOOFSGROEI/  KONONIA

Ons doel is:

•Die opbou en uitbou van ons gemeente se geloofsgroei binne en buite die gemeente grense.

•Die opbou en uitbou van geloofsgroei vir alle bedieninge met spesifieke fokus op ons jeug en jongmense (20 – 30 jaar).

•Bevordering van Geloofsvolwassenheid vir alle lidmate ongeag ouderdom.

•Koördinering van groeigroepe.

Image by adrianna geo

VISIONêR

Ons kyk so bietjie vorentoe om seker te maak ons beweeg saam in die regte rigting

Ons kyk so bietjie agtertoe om seker te maak almal bly aan boord.

Image by Filios Sazeides

EIENDOMSKOMMISSIE

Ons is verantwoordelik vir die doelmatige instandhouding van die Gemeente se eiendom en ander bates.

Kerkgebou.PNG

FINANSIESKOMMISSIE

Ons balanseer die gemeente se finansies d.m.v die daarstelling van rekeningkundige beleid, stelsels en prosedures.

Image by Recha Oktaviani

GEESTELIKE & PASTORALE VERSORGING

Om mense pastoraal te ondersteun en geestelik te begelei, deur persoonlike kontak of deur beskikbare tegnologie – om mekaar te inspireer tot ‘n  lewende verhouding met God.

Praying Hands

OMGEE

OMGEE is ‘n warm glimlag, ‘n bemoedigende woord.

OMGEE staan lidmate in nood by.

OMGEE bied dienste aan wat die lewe so bietjie makliker maak soos om saam te kuier en saam te leer, saam mekaar se laste en seer te dra.

Image by Ryan 'O' Niel

GASVRYHEID

Skep ‘n omgewing waar mense welkom kan voel en deelname

kan bevorder.

Image by Jeremy Yap

JEUG

Ons fokus doelgerig op die geestelike groei en behoeftes van die kerk se jeug deur verskeie relevante en interaktiewe aksies te hou, om sodoende hulle lewende verhouding met God en mekaar te ontwikkel.

JEUG 3.jpg

DIGITALEKOMMISSIE

Die digitale Kommissie sien om na alle tegnologie in die kerkkompleks

Image by Jametlene Reskp

DIENSVERHOUDINGSKOMMISSIE

Die DVK sien om na alle sake wat die personeel van die GR raak.  Die DVK adviseer die GR oor die toepaslike arbeidswetgewing, bepalings van die Kerkorde en algemene personeelbestuurpraktyke.

LOGO2016.jpg

BEMARKINGSKOMMISSIE

Daarstel van ‘n konstante vloei van inligting tussen die GR en die gemeente

Image by Sticker Mule
bottom of page