Ons kom weer bymekaar
Slegs die eerste 50 mense insluitend die koster en aanbiddingsspan kan toegelaat word.
Elektroniese verklaring wat jy op jou slimfoon kan invul sal vanaf 06:00 op ‘n Sondagoggend beskikbaar wees.
Indien jy nie oor ‘n slimfoon beskik nie kan jy die vorm by die deur invul. Die skakel na die diens op YouTube sal beskikbaar wees op die Whatsapp groepie, anders gebruik die skakel hieronder na YouTube.